Waar klein harte groot drome ontdek
Durbanville
Liefie-Lyfies Speelskool is ‘n klein, Christelike huis skooltjie geleë in Durbanville Hills. Ons bied ‘n klein, veilige omgewing waar sosiale, emosionele en kreatiewe ontwikkeling bevorder word. Deur ‘n vertikale leer-benadering te volg kan groot en klein maats hand aan hand saam speel, leer en groei.
Praat met ons:
jennifer@liefielyfies.co.za
Jennifer
Eienaar/Prinsipaal
Lynette
Juffrou
Unathi
Klasassistent
Weeklikse Aktiwiteite
Kinders neem daagliks deel aan ’n verskeidenheid gestruktureerde en vrye leeraktiwiteite, insluitend taal-, wiskunde-, fynmotoriese, sensoriese, kuns- en praktiese vaardighede. Die program volg weeklikse temas met ’n fokus op ’n spesifieke letter/klank, kleur, vorm en nommer. Ons benadering is gedeeltelik gegrond op Montessori-beginsels, waar kinders daagliks vir ’n vasgestelde tyd hul eie aktiwiteite kan kies vanuit verskillende leerareas.
Die skool bied die volgende buitemuurse aktiwiteite aan:
Wiggle & Jam (musiek)
Little Leaders (emosionele ontwikkeling)
Kiddi K (holistiese motoriese ontwikkeling)
Vir 5-dag maats is hierdie programme by die skoolfonds ingesluit.
Bykomende programme, Dancemouse (Donderdae) en Rugga-Roots (Vrydae), word teen ouers se eie koste aangebied.
Meer Oor Ons
Die speelskool se totale kapasiteit is 26 kinders, tussen die ouderdomme van 18 maande – 5 jaar. Ons volg die ‘vertical learning’ beginsel, wat gebaseer is op die natuurlike verskil in ouderdomme in ‘n gesin. Alhoewel die kinders dus in ouderdomsverband sit, en apparaat ouderdomsgepas aangebied word, word meeste aktiwiteite soos sing en Bybel-lees in ‘n totale groep gedoen.
Skoolfooie
1. Halfdag
- 07:15 tot 12:45
- Ideaal vir ouers wat buigsame werksure het, tuis werk, of hul kind net aan ’n oggendroetine wil blootstel.
2. Middag
- 07:15 tot 15:00
- Hierdie opsie is ideaal vir ouers wat deeltyds werk of wie se dag eers in die vroeë middag eindig.
- Dit gee kinders genoeg tyd om nie net aan die oggend se aktiwiteite deel te neem nie, maar ook om na middagete te rus, sosiaal te speel en aan gestruktureerde middag-aktiwiteite deel te neem.
3. Voldag
- 07:15 tot 17:00
- Beste vir voltydse werkende ouers wat betroubare sorg vir die hele dag nodig het en laatmiddag-afhaal verkies.




